Site logo
Description

Net. Jouself. is ‘n platform met die doel om die beste weergawe van jouself te ontwikkel.
Die projek sal ‘n self ontdek kursus vir dames aanbied wat streef om elkeen te bemagtig en te inspireer om hul volle potensiaal te bereik.

Net. Jouself. is n projek gemik op Bloemfontein dames, tussen die ouderdom van 18 en 35, met die doel om die beste weergawe van hulself te ontwikkel. Die projek sal ‘n self ontdek kursus vir 25 dames aanbied wat streef om elkeen te bemagtig en te inspireer om hul volle potensiaal te bereik.

Hierdie kursus strek oor ‘n tydperk van 6 maande, waar die dames werkswinkels gaan bywoon wat handel oor self-aanvaarding, bemagtiging, grimering, identiteitstilering, finansiële bestuur, entrepreneursvaardighede, gesondheid en welstand, identiteitstilering, basiese noodhulp vaardighede, selfverdediging, van hoe om ‘n motor band te ruil tot hoe om ‘n portret te hang, ontdekking van passie en doelwitte, die bou van selfvertroue en om die ware ‘jy’ te vind.

Aan die einde van die kursus sal daar ‘n glans geleentheid wees, waar ons die wenner van Net. Jouself. sal aankondig. Die titel is gebaseer op die dame wat die meeste gegroei het in die proses en sal die gesig van Net.Jouself. 2022 wees.

Location
Categories
Contact business

    Contact Form

      • No comments yet.
      • Add a review